Thursday, 2 February 2017

Bome van die jaar. Voël van die jaar. 2017-2018.

Bome van die jaar:
Harige Blinkblaar Wag-‘n-bietjie / Hairy Buffalo Thorn-(Ziziphus mucronata)
Ziziphus mucronata, or as it is more frequently known, the wag-'n-bietjie tree represents life as we know it. The young twigs are zigzag, indicating that life is not always straightforward. Two thorns at the nodes are also significant; one facing backward represents where we come from and one facing forward, represents where we are going. Ziziphus mucronata is a small to medium-sized tree, 3-10(-20) m high; with a spreading canopy. The main stem is green and hairy when young; year old branches often zigzag; the bark is reddish brown or roughly mottled grey, cracked into small rectangular blocks, revealing a red and stringy under-surface. Young stems are reddish brown.
Geographic distribution: The buffalo thorn is distributed throughout the summer rainfall areas of sub-Saharan Africa, extending from South Africa northwards to Ethiopia and Arabia.
Ecology: Although the fruit of Ziziphus mucronata cannot be counted as very tasty, the tree itself plays an important role ecologically. The leaves and fruit are sought after by birds of many species, wild animals and domestic stock. Giraffes are known to be especially fond of the leaves of this tree. Impala often feed on the dead leaves lying under the tree. Its inconspicuous, green to yellow flowers produce abundant nectar and often yield a good honey. While slow-growing (0.3 m or less per annum), it makes a pleasant shade tree and gives life to the garden by luring birds and insects such as butterflies, beetles and bees.



            
Ebbeboom / Ebony Tree (Euclea pseudebenus):
Afrikaans common name(s):  Swartebbe, Valsebbehout, Tsabiboom, Ebbeboom, Ebbehout, Abikwa, Sabbiboom, Basterebbehout
English common name(s): Black ebony, Cape ebony, Wild ebony, False ebony
Trees 3-9 m high or occasionally shrubs, with characteristically drooping branches, trunks 8-30 cm in diam. with a rough, dark bark; branches drooping, virgate, little to much branched, bark grey, or yellow or reddish-brown, young parts densely glandular and sparsely hairy.
Euclea pseudebenus or ebony guarri is a remarkably drought-hardy and tough indigenous tree with a most graceful appearance contrasting its harsh and unforgiving natural enviro Distribution and habitat: Euclea pseudebenus is found in harsh, stony and sandy desert and semi-desert areas, usually in lowlying areas along watercourses, or fairly nearby. This species of tree is often the only surviving tree that is able to cope with the harsh desert conditions. The distribution of black-ebony is relatively wide and follows a northwesterly direction across its range. It starts to appear in northern Namaqualand, extending eastwards to Bushmanland where it hugs the Gariep River on both the South African and Namibian sides. It then continues throughout the southwestern, central and northwestern part of Namibia right into the Kaokoveld and across into the mountainous parts of southern Angola. It is by nature a desert plant, being happy with both winter and summer rainfall conditions. In terms of its cultivation Euclea pseudebenus would be well suited to arid and semi-arid regions, with hot, long summers, and given plenty of water, will thrive and grow faster than those in the wild.
Uses: Euclea pseudebenus is highly sought after for its excellent quality fire wood. It is also valuable as a general timber for building and carving, but since pieces are usually small, it is not used extensively. The heartwood is black, hard, heavy and durable, very similar to the true ebony, and is often used for inlay work, such as the black squares on chess boards. The Nama of Namibia call this tree the tsawib which refers to its ebony-like wood. A place in Namibia where numerous ebony guarri trees grow is called Tsawisis, named after the tree. The roots and twigs are sometimes used as chewing sticks to clean the teeth. The fruits are edible when ripe, said to taste sweet and slightly astringent.
Euclea pseudebenus is not popular in horticulture, although its value as a small drought hardy tree, cannot be over emphasized. In parts of South Africa where hot and fairly dry weather is experienced, this species would make excellent garden trees, as they would grow quicker in cultivation. They would be ideal as replacements to exotic trees which are still too common in our gardens.



          
Voël van die jaar:
Swartaasvoël / Lappet-faced
(Lappet-faced Vulture / Nubian Vulture (Torgos tracheliotos). 
Aasvoëls is roofvoëls in die familie Aegypiidae wat van afval en aas lewe. Hulle is meesal groot voëls en het tipies 'n min of meer kaal kop. Navorsing het getoon dat hierdie veerlose koppe 'n belangrike rol mag speel in hitteregulering. Die kloue is nie baie sterk ontwikkel nie, maar die bek is kragtig en word gebruik om die vel van die dooie dier af te skeur. Die sig is baie sterk ontwikkel en die aas kan baie ver gewaar word. Een of twee eiers, na gelang van die soort, word gelê. Die nes, 'n platform van takkies, word in bome, op die grond of op kranslyste gebou. Aasvoëls word in alle wêrelddele aangetref, behalwe Antarktika en Oseanië. In suidelike Afrika is die naam vir 'n Swartaasvoël sinoniem met die term vir bemindes, aangesien hierdie aasvoëls altyd in pare aangetref word, die ma en jongeling bly in noue band met mekaar. Afparing, paar-assosiasie, beskerming en sorg word gesien as noodsaaklike eienskappe benewens die aasvoël se grootte en vermoë om hoog in die lug te sweef.
In die Wildtuin is die swartaasvoël die grootste en sterkste van sy soort. Hy word maklik uitgeken aan die diep persrooi kop en die los rooi nekvel, die massiewe snawel en die donker vere. Hy is die dominante figuur by ‘n karkas wat selfs met jakkalse en maraboes meeding om die sappigste happies, en hy sal nie skroom om na kleiner aasvoëls te pik as hulle nie gou genoeg padgee nie. Die swartaasvoël broei in die Wildtuin en kom oral voor.
Die swartaasvoël is reeds geruime tyd as kwesbaar gelys en sterftes neem steeds toe. Dit is die grootste spesie op die vasteland - die volwasse voël se vlerkspan is 'n nimlike 2,8m. Oor die laaste 12 jaar is 324 swartaasvoëls in die land gering waarvan 'n skrale 24 weer gesien is.

Inligting: Wikipedia
Foto's hier geplaas met erkenning aan fotograwe. 

Thursday, 26 January 2017

Werksaamhede vir 2017/ 2018 asook SKRYWERS van die jaar.

Tema van die jaar: Water
Studierigting: Omgewingsbewustheid (Klem op Tuin- en Landbou)
Skrywers: Afrikaans: Chanette Paul. Engels: Amanda Coetzee
Kunstenaar: Jacques Bessinger
Bome van die jaar (vir 2017):
Harige Blinkblaar Wag-‘n-bietjie / Hairy Buffalo Thorn (Ziziphus mucronata)
Ebbeboom / Ebony Tree (Euclea pseudebenus)
Voël van die jaar: Swartaasvoël / Lappet-faced (Lappet-faced Vulture / Nubian Vulture (Torgos tracheliotos).)
Omgeeprojek: Denims & Kniebroeke (tot 18 jaar) – Seuns en dogters. (+ T-hemde as bonus)

Net 'n kort geselsie oor 'n paar van bg. :
WATER: Daar kan so baie interessante dinge gedoen word in 'n tak om vanjaar se tema uit te lig. Dink bv. net aan Afrikaanse spreekwoorde oor water. Ons hoor dit deesdae nie meer so dikwels nie. Hoe mooi is ons taal nie, kom ons gebruik weer hierdie uitdrukkings:
1.Hy dra water in 'n mandjie aan. - Hy probeer wat onmoontlik is.

2.Hy hou darem nog kop bo water - hy sorg dat hy nie ondergaan nie

3. Hy kom nie warm by die water nie.- Hy is uiters stadig.

4. Die son trek water.- Dit word laat.
Daar is nog baie kleurvolle uitdrukkings wat ons gerus meer kan gebruik in ons daaglikse omgangstaal. 

SKRYWERS van die jaar: 
Afrikaanse skrywer: Chanette Paul.
Kom lees meer oor hierdie interessante skrywer:
Chanette Paul se blog
Sy sê: 
Ek is lank, lank gelede in Johannesburg gebore en het vir die grootste deel van my lewe redelik geswerf.  In 2002 het ek ’n droomerf in ’n droomdorp gekoop en met die hulp van ’n paar bakkiebouers vir my ’n ietwat skewe droom pophuisie aan die oewer van die Kleinerivier gebou.  Hier op Stanford woeker ek met woorde, probeer sinne laat sing en leef my uit in stories.
Ek is katmal, ʼn onkundige maar ywerige tuinier, ʼn leesvraat en musiekliefhebber.  Ek is gek oor die rivierlewe – veral om handlanger te speel op die rivierboot wat Blom (die man in my lewe) bedryf. Dis ook vir my wonderlik om walvisse by nabygeleë kusdorpe soos Hermanus dop te hou en eendag, glo ek, sal ek nog ‘n meermin sien.
As ek nie sou kon skryf nie, sou ek nie sin uit die lewe kon maak nie.
Chanette het ook 'n webwerf waar jy nog meer van haar te wete sal kom:
Chanette se webwerf
Haar nuutste boek, Offerande, is deel 2 van die Offer-tweeluik en voltooi die verhaal van Caz Colijn wat in Offerlam - deel 1 - afgeskop het. Offerlam is reeds in Nederlands gepubliseer en die Engelse vertaling verskyn in 2017.
​Offerande
word tans in Nederlands vertaal en die verwagte publikasiedatum is April 2017.












Engelse skrywer / English writer: Amanda  Coetzee
When she isn’t writing crime thrillers, Amanda Coetzee works as a deputy headmistress. She grew up in Bedford, England, and now lives in Rustenburg with her husband and son.
'Redemption Song' is Amanda’s second novel after her acclaimed debut crime thriller Bad Blood.
Die gewilde spanningsverhaal-skrywer, Amanda Coetzee se vierde verhaal in haar Badger-reeks,  One Shot beloof om jou weer naels te laat kou. Die enigmatiese speurder Badger moet al sy vernuf inspan teen ‘n dodelike skerpskutter. Die skerpskutter het ‘n donker verlede in Afghanistan en Suid-Afrika en laat ‘n spoor van bloed in Bedford agter, terwyl Badger na hom soek.

You can read here more about Amanda. 
Amanda reads from her novel, Bad blood: Click on this link to listen. You will also find the video on Van Riebeeck's blog. 




English writer of the year: Amanda Coetzee


Wednesday, 25 January 2017

Nuwe uitdagings en geleenthede

Die nuwe jaar het begin en daar heers groot opgewondenheid in Van Riebeecktak. Om elke hoek en draai wag daar splinternuwe uitdagings. Ons eerste vergadering is reeds verby en ons sien uit na die inligtingsdag waar ons weer op hoogte gebring gaan word rakende kompetisie-artikels. Die volgende groot gebeurtenis is natuurlik ook Pretoria Streek se konferensie wat vroeg in Maart gehou gaan word. Daarna volg daar vele interessante dinge soos uitstappies, naaldekokerdae waarin ons ons talente kan uitleef en opwindende takvergaderings. Dit is en bly 'n heerlike voorreg om deel van die VLU te wees.

Hiermee wens ek elke lid van ons tak en ook ons streek die heelmooiste toe. Mag ons almal deeglik bewus wees van God se leiding en liefde in alles wat ons doen, dink en sê in 2017. Mag ons steeds groei, nie net wat getalle betref nie, maar ook in ons geloof, ons omgee vir mekaar en ons lojaliteit teenoor ons takke.

Elizabeth Kendall - skakelbeampte Van Riebeecktak.

 Sally Ferreira, voorsitter en Dot Kruger, sekretaresse.
Ons hou elke maand vergadering by De Oude Werf, Bronkhorstspruit. 

Wednesday, 19 October 2016

Staan 'n bietjie stil

VLU -Openingsgebed.

Bewaar ons o Here van kleinlikheid
Laat ons groot wees in gedagte, woord en daad
Laat ons foutvindery vermy en waak teen alle selfverheerliking
Mag ons alle skyn vermy en mekaar eerlik in die oë kyk, sonder selfbejammering en vooroordeel
Mag ons traag wees om te oordeel en altyd grootmoedig
Leer ons, ons beter neiginge eerlik en vreesloos in beoefening te bring
Help ons om nie gejaagd te wees nie, om toe te neem in rustigheid, waardigheid en sagsinnigheid
Gee dat ons mag besef dat dit die klein dingetjies is wat verdeel, dat ons in die groot dinge van die lewe een is
Mag ons strewe om die groot algemeen menslike hart te raak en te ken. En o Here ons God, laat ons nooit nalaat om minsaam te wees nie.
Amen.
Vertaling deur dr. J.E. O'B Geldenhuys.

 
 

Tuesday, 23 August 2016

Heleen se praatjie


Heleen Hertzog is by ons almal bekend. Sy is reeds 50 jaar lid van Van Riebeecktak en het al diep spore getrap. Tydens ons Augustus-vergadering was dit ‘n voorreg om na haar baie interessante vertellings oor kuns en kunsgeskiedenis te luister. Die tema:  “Hoe waardeer ek kuns?” is deeglik en met genoeg humor bespreek.
“Ons almal het kuns in ons, ons moet dit net ontdek. ‘n Musikant het note nodig, ‘n skrywer woorde, ‘n skilder inspirasie, verbeelding en drome…
Kuns is ‘n persoonlike ding, kunswaardering ook. Gedurende die antieke tye was erdewerk en houtkuns goedkoop. Openbare geboue is ook ‘n kunsvorm.

Kuns verskaf ‘n manier om uiting te gee aan jou verbeelding en dit bring die kind in ons na vore. Om volwassenheid te bereik en steeds kontak met die kind in jou te hou, maak ‘n mens gelukkig. Skilderkuns, rituele, uitvoerings en danse…dit is alles vorms van kuns. Kuns is ‘n vorm van vermaak. Dit het helende en sielkundige doeleindes.”
Heleen vertel van die Louvre in Parys, die wêreld se grootste museum en historiese monument asook Mona Lisa, halflyf portet van ‘n vrou deur Leonardo da Vinci wat as die bekendste kunswerk in die ganse wêreld beskou word en wat sy en haar kleindogter die voorreg gehad het om te kon besoek. Michelangelo, 'n Italiaanse skilder, beeldhouer, argitek, digter en ingenieur wat tydens die Renaissance aktief was, Picasso en Vincent van Gogh word ook bespreek.

Vincent van Gogh se woorde: “I sometimes think there is nothing so delightful as a drawing” asook Tomothy Nero: “om te teken, hou jou oog wakker, jou gedagtes lewendig en jy word nederig” is steeds woorde wat inspireer. Dit is eers as ‘n mens begin teken, dat jy met oop oë kyk.

Heleen gesels oor die geskiedenis van kleur en bemarking. Sy vertel van haar eie kunsgroepie en die helende uitwerking wat dit op almal het wat die klas bywoon. Om te belê in kuns is ‘n persoonlike keuse. “Koop waarvan jy hou, werk aan ‘n versameling van ‘n verskeidenheid.” Gee verf en papier aan ‘n kleuter en jy gee aan hom ‘n voorsprong.
Pierneef, wat as die beste landskapkunstenaar in Suid-Afrika beskou word, se lewensverhaal word vertel. Lees hier meer oor hom: Pierneef
Nogmaals dankie vir ‘n kleurvolle en baie inspirerende oggend tydens ons takvergadering by Oude Werf.
(Heleen se boeiende praatjie is opgeneem en beskikbaar op cd indien jy belang stel.)
Elizabeth Kendall (skakelbeampte)

 

Wednesday, 3 August 2016

Professor Johannes Slabbert se praatjie tydens VLU Van Riebeeck takvergadering 19 Julie 2016.



Prof. Johan Slabbert is ‘n opvoedkundige aan die Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit van Pretoria.
Hy besef dat die VLU se visie die opheffing en verryking  van vroue plaaslik, in Suid-Afrika en ook globaal is. Hy is ook bewus daarvan dat ons jaartema  Samewerking vir ‘n beter toekoms is. 

Vandeesmaand se studierigting:  Kuns en kultuur.

Tema:  Skrywers van die jaar. 

Afrikaanse skrywer: Marieta van der Vyver en  Engelse skrywer: Gareth Crocker.

Marieta van der Vyver: 58 jaar oud. Sy het ‘n meestersraad in Joernalistiek.  In 1999 vertrek sy na Frankryk en trou met Alain Claisse. Hul afsonderlike kinders: Daniël, haar seun en  Alain se seuns, Thomas en Hugo. Hulle twee se dogter: Mia.

Marita se mees bekende publikasie: 1992 Griet skryf ‘n sprokie , maak groot opslae. Dit was die eerste Afrikaanse roman ooit wat in Chinees vertaal is, en het meer onlangs ook in Yslands verskyn.

Sy is ‘n gewone mens, met ‘n nagraadse kwalifikasie en ‘n vreemde gesin wat in die buiteland woon.

Johan lees ‘n gedeelte uit haar dagboek waarin sy aantekeninge maak rakende haar nuwe publikasie waarin sy aandui dat sy net nie kan begin skryf nie en “shitless” bang is. Om ‘n skrywer te wees,  is harde, uitputtende werk wat met baie onsekerhede gepaard gaan, al is ‘n mens reeds ‘n gesoute skrywer.  ‘n Skrywer is iemand wat die vermoë het om op ‘n buitengewone manier en met emosie te beskryf – dit is ‘n groot kuns. Terselfdertyd sit skrywers wat hulle sout werd is, hulle hele siel in hulle werk.

Hy lees ook ‘n stukkie uit een van haar mees onlangse kortverhale: “’n Fontein voor ons deur” waar sy haar lewe in Frankryk – ‘n eerstewêreldse, ontwikkelde land - beskryf, waar alles so ontsettend frustrerend stadig is en toeriste meer ‘n las as plesier is. Die boodskap is dat sy dan skielik afkom op visverkopers wat ‘n operarea sing en dat sy in ‘n oombllik haar hele gemoedstoestand kan verander. – en so kan ons almal.

Gareth Crocker: 42 years old. Degree in English, Psychology and Communication. He is a
South African but has been working for a short time in England.He has a wife and two children.

Ook ‘n gewone mens, maar doen sy skryfwerk in ‘n donker kamer met dowwe, kleurvolle neonligte vir die regte atmosfeer.

Prof. Johan lees ‘n stukkie uit sy mees onlangse roman “The last road trip”. Dit handel oor vier vriende in ‘n aftree-oord wat deur ‘n vreemdeling in dieselfde aftree-oord uitgedaag word om nie te wag vir die dood nie, maar om die lewe voluit te lewe.

Die oorkoepelende boodskap vanuit die kuns en kultuur of meer spesifiek, die letterkunde, rakende samewerking vir ‘n beter toekoms is: Dit maak nie saak hoe moeilik of selfs onmoontlik dinge mag lyk vir elkeen van ons persoonlik of ons families, groter gemeenskap, land en/of  wêreld nie, elkeen van ons het nog ‘n onmeetlike bydrae het om te lewer en om dit te laat realiseer.