Wednesday 19 October 2016

Staan 'n bietjie stil

VLU -Openingsgebed.

Bewaar ons o Here van kleinlikheid
Laat ons groot wees in gedagte, woord en daad
Laat ons foutvindery vermy en waak teen alle selfverheerliking
Mag ons alle skyn vermy en mekaar eerlik in die oë kyk, sonder selfbejammering en vooroordeel
Mag ons traag wees om te oordeel en altyd grootmoedig
Leer ons, ons beter neiginge eerlik en vreesloos in beoefening te bring
Help ons om nie gejaagd te wees nie, om toe te neem in rustigheid, waardigheid en sagsinnigheid
Gee dat ons mag besef dat dit die klein dingetjies is wat verdeel, dat ons in die groot dinge van die lewe een is
Mag ons strewe om die groot algemeen menslike hart te raak en te ken. En o Here ons God, laat ons nooit nalaat om minsaam te wees nie.
Amen.
Vertaling deur dr. J.E. O'B Geldenhuys.