Geborgde Kompetisie


MASJIENWERK KOMPETISIE
Ontwerp ‘n pragtige strooikussing vir jou huis. Gebruik die geleentheid om te wys wat jou naaldwerkmasjien kan doen. Wees kreatief en gebruik verskeie tegnieke, masjiensteke en spog met ‘n proffesionele afwerking.

GROOTTE VAN KUSSING:
Minimum 35cm x35cm en maksimum
55cm x 55cm
Die kussing kan enige vorm hê – rond, vierkantig, reghoekkig ens. Verrras ons met jou kreatiwiteit
MATERIAAL:
Die material wat gebruik word moet by die tema of styl van die kussing pas. Hou in gedagte dat die kussing maklik skoongemaak kan word
VOORKANT VAN KUSSING:
Die voorkant van die kussing moet versier word met kreatiewe masjienwerk. Dit kan wees – appliek, borduursteke of enige ander kreatiewe masjienwerk tegniek soos snywerk, of tekstuurkuns wat geskep word deur gebruik te maak van jou masjiensteke.
AGTERKANT VAN DIE KUSSING:
Die kussing moet aan die agterkant kan toemaak. Gebruik enige opsies soos ritssluiter, knope, drukkers, Velcro of oorvou gedeelte. Die netheid en afwerking van die agterkant vorm deel van die kussingsloop ontwerp. Dekoratiewe werk kan ook aan die agterkant gebruik word
RANDAFWERKING VAN KUSSING:
Die kante van die kussing moet behoorlik afgewerk word met enige masjienwerk tegniek soos stiksels, valletjies, rand, koordstiksel ens.
VULSEL
Kussings vertoon soveel mooier met ‘n aparte binnekussing. Maak die binnekussing dieselfde grootte as die sloop en gebruik materiaal soos kaliko en ‘n goeie kwaliteit vulsel. Die vreugde wat jy gehad het om die kussing te maak moet in jou werk weerspieël word. Dit is ‘n masjienwerkartikel en handwerk moet tot die minimum beperk word. Netheid en die uitvoering van die tegnieke is ‘n vereiste.
Hierdie kompetisie eindig by die SAVLU Kongres in 2018. Elke Organisasie gaan hul eie kompetisie reël, wat alreeds op takvlak gaan begin, sowel as hul eie sluitingsdatums bepaal. Husqvarna gaan landswyd kursusse aanbied en het ook
‘n handleiding beskikbaar. Meer inligting by die Presidentes, asook die Beoordelaarsameroepsters.


No comments:

Post a Comment