Thursday 21 January 2021

Wees gegroet!

Dit is die jaar 2021. Die VLU leef steeds vrolik voort. Hierdie is my eerste blog-inskrywing vanjaar. Ek vermoed daar gaan heelwat meer volg. Ons kommunikasiekanale het mos nou verander.

Om skakelbeampte te wees van Van Riebeecktak is vir my 'n groot eer.  (Ek kon vir twee jaar "rus"en was net 'n gewone taklid.)

Met 'n lied in my hart sal ek poog om op elke denkbare manier om te gee, dinge van belang te deel en die wêreld vir ons almal interessanter te maak. Synde geheel die land in 'n grendelstaat is. Vlak 3. Beperkte beweging. Gekortwiek op baie maniere. Maar nooit moedeloos nie. 'n VLU-vrou maak mos altyd 'n plan. Die tegnologie stel hoër eise aan ons vaardighede. "Algaande leert men." Niks is onmoontlik nie. 

Ons kon nie 'n jaarvergadering hou nie. Ons mag tans geen vergadering hou nie. Om 'n foto van die huidige bestuurslede te neem, was dus onmoontlik. Gelukkig is daar baie maniere om 'n kat dood te maak.... direk vertaal uit die Engelse spreekwoord! 


Ons bekwame voorsitster, Sally Ferreira en Alda van der Merwe, ons kompetisiesekretaresse, het koppe bymekaar gesit en op die 19e Januarie kon ons heerlik in die gemak van ons eie huis sit en luister na die jaarverslag asook die prysuitdeling beleef. Knap gedaan Sally en Alda! Van Riebeecktak is sommer baie trots op julle! 

Ons gaan dus ook vanselfsprekend meer van facebook en whattsapp gebruik maak om met mekaar te kommunikeer. Dis nou as die krag nie afgaan vir 'n hele dag nie! 




Mag ons altyd weet en onthou dat ons Vader in die hemel ons nooit bo ons vermoëns sal beproef nie, dat Hy ons daagliks sal toerus met genoeg krag, wysheid en moed om enige struikelblok te oorkom. Mag 2021 vir ons almal 'n geseënde en 'n mooi jaar wees. Mag die VLU steeds verrykend, leersaam en inspirerend wees soos dit in die verlede was. 

VLU groete, Elizabeth Kendall (skakelbeampte) 


Thursday 8 March 2018

TAKGESKIEDENIS VAN RIEBEECK.


Maria van Riebeecktak is op 2 Februarie 1952 gestig, drie honderd jaar nadat Jan van  Riebeeck aan die Kaap geland het. Dit is eintlik beskou as die herstigting van die Erasmustak wat in die dertigerjare doodgeloop het. (Mev. Mes was destyds die hoofbestuurslid.) Die stigtingsvergadering is op ’n plaas in die Jakhalsfontein omgewing gehou. Mev. A. Zeeman is verkies as voorsitter, A. Meyer was die sekretaresse en mej. Lettie du Preez die tesouriere. Daar was twee-en-twintig lede.



Hierdie tak het ’n baie prominente plek in die dorp beklee en het die voortou geneem met heelwat aangeleenthede wat tot voordeel van die dorp gestrek het, soos die ontstaan van die skietklub en die verplegingsdiens waaruit “Ons Herberg”, die plaaslike ouetehuis, begin is.
Opvolgers van mev. Zeeman (1952-1958) is mevv. A. Meyer (1958-1959), L. Claassen (1959-1964), B. Hoffmann (1964-1970), J. Schutte (1970 -1971), H. Booysen / Fortred (1971-1975), S. Du Plooy (1975-1977), S. Engelbrecht (1977-1978), S. Bouwer (1978-1980), T. Murray (1980-1983), M. Cilliers (1983-1987), L. Nel (1987-1988) en H. Benadé (1988-1992).
Op 2 Februarie 1993 het Kosmostak (waarvan die lede grootliks uit plaasvrouens bestaan het), ontbind en op 16 Februarie 1993 saamgesmelt met Van Riebeecktak.
Mev. Erna Venter (1992-1995) was die eerste voorsitter van hierdie groter tak. Haar opvolgers was mevv. H. Hertzog (1995-1998), A. Oelofse (1998-2002), R. Carstens (2002-2003), M.Stavast (2003-2006), A.van Zyl (2006), W. Geyer (2007-2012), E. Kendall (2012-2016) en S. Ferreira (2016 –


In Bronkhorstspruit is die VLU deur al die jare sinoniem met interessante funksies, deeglikheid en uitstekende prestasies. Ons kyk met trots en groot waardering terug na ons voorgangers. Ons sien met volgehoue entoesiasme uit na die toekoms.

Elke tweede Dinsdag van 'n maand kom ons op informele wyse bymekaar. Ons doen allerlei kreatiewe dinge of kuier net gesellig saam. Ons noem dié dae ons Naaldekokerdae. Dit is dus paslik om ook 'n NAALDEKOKER op ons vaandel te hê! 

 Die idee met die maak van ons splinternuwe vaandel, was om soveel moontlik lede betrokke te kry. Skoenlappers en blommetjies is deur verskillende lede eiehandig gemaak. Gehekel, gebrei, borduur.

 Pragtige werk! 



VAN RIEBEECK EMBLEEM:

Die embleem dui op twee aspekte van belangrikheid:
1. Die hand - dit beeld hande-vashou (samesyn) uit asook die handwerk wat deur lede gedoen word.
2. 'n sirkel wat onderlinge eenheid uitbeeld
Die twee figure/ silhoeëtte is doelbewus so uitgebeeld om te beklemtoon dat geen vrou in die VLU alleen staan nie. Sy word altyd deur haar vriendinne ondersteun.
Daar is 'n skoenlapper in die voorste figuur (vrou) se hare wat 'n simbool van verandering, vreugde en kleur is. Die skoenlapper word as 'n wonderwerk van transformasie /verandering /vernuwing beskou.  Die veelkleurige reënboog van verfdruppels agter die silhoeëtte dui op kleur, kuns en kreatiwiteit, terwyl dit die sirkel simbool van eenheid herhaal en beklemtoon.

Bg. embleem word as briefhoof by korrespondensie gebruik. 


Friday 15 December 2017

VLU Bome van die jaar 2018-2019

Yellowwoods / Geelhout (Genus Podocarpus) en Shepherd's Tree / Witgat (boscia albitrunca) is die bome vir die jaar 2018-2019.

Geelhout: Die breëblaar-geelhout of opregte geelhout (Podocarpus latifolius) is 'n groot immergroen boom wat tot 35 m hoog word in die familie Podocarpaceae. Die stam kan 'n middellyn van tot 3 m hê. Die boom is Suid-Afrika se nasionale boom. Dit is reusagtig wanneer dit in immergroen berg- en kuswoude groei, maar kom voor as lae of dwergagtige bome op blootgestelde berghange. Dit kom voor van die Wes-Kaap tot Mpumalanga en Limpopo. Hierdie spesie is inheems aan Suid-Afrika en Swaziland en op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' gelys.
Die bas is longitudinaal gegroef. Manlike bome produseer pienkerige, katjieagtige keëls wat ongeveer 2,5 cm lank is. Die vroulike bome produseer vlesige blombodems en aan die punt word een of twee sade gevind. Die sade is ongeveer 1 tot 1,5 cm lank, dun en vlesig en word op 'n helderrooi, vlesige kussinkie gedra. Die sade word blou of perskleurig wanneer hulle volwassenheid bereik.
Die hout word ook in die houtbedryf gebruik. Inigting: Wikipedia
Iets baie interessants: Die boom van goed en kwaad, die geelhoutboom. 




Witgat: Boscia albitrunca, commonly known as the shepherd tree or shepherd's tree (AfrikaansWitgatSothoMohlôpiTswanaMotlôpiVendaMuvhombweXhosaUmgqomogqomoZuluUmvithi), is a protected tree in South Africa. The species epithet "albitrunca" refers to the often times white trunk. It is an evergreen tree native to southern and tropical Africa, living in the hot, dry, and often brackish low-lying areas, sometimes on abundant lime or occasionally found in rocky terrain. It is a common tree of the Kalaharibushveld and lowveld. It is one of the most important forage trees in the Kalahari.
This tree grows up to 10 m (33 ft) tall but is usually much smaller. It has a prominent, sturdy white trunk frequently with strips of rough, dark-coloured bark. The crown is often browsed by antelope and all grazers that can reach the foliage, resulting in a conspicuous flattened underside or browse-line. The leaves are narrow, oblanceolate, and stiff with veins obscure except for the distinct midrib. The flowers are small, greenish-yellow, star-shaped, and clustered. The fruits, on a jointed stalk, are about 10 mm (0.4 in) in diameter and are brittle-skinned with a whitish flesh and large endocarp. A specimen found in the central Kalahari in 1974 had roots extending to 68 m (223 ft) deep, making it the plant with the deepest known roots.
Afrikaanse name: Witgat, Witstamboom, Groot-Witgat, Grootwitgat, Grootwitgatboom, Witbasboom, Witgatboom, Witstam, Witteboom, Jentelmanstam, Kaboom, Koffie, Koffieboom, Matoppie, Noenie, Noenieboom
English common name(s):Shepherd tree, Shepherds tree, Shepherd's tree, Caper bush, Coffee tree, Emigrants tree, White stem, White-stemmed tree, Whitetrunk sheperdstree
Inligting: Wikipedia

Witgatboom / Shepherd's tree. 

VLU Kunstenaar van die jaar: Tobie Cronje

Tobie Cronjé (1948-) is 'n gewilde Afrikaanse akteur (op verhoog, TV en in rolprente). Hy het drama aan die Universiteit van Pretoria studeer. Daarna het hy vir 'n motorversekering-maatskappy gewerk en musieklesse gegee.

Cronjé is veral bekend vir sy spel in klugte soos My vrou se man se vrou en My vrou se man se lyk se tas, en sy jaarlikse vertolkings van "dames" in Janice Honeyman se pantomimes vir die Nelson Mandela-teater in Johannesburg. Hy is egter ook ’n sterk dramatiese speler, soos hy bewys in die titelrol van Chris Barnard se Man met vakansie en in ander rolle in onder meer Die rebellie van Lafras Verwey en I Love My Wife.
Hy maak sy debuut in die rolprent Die Sersant en die Tiger Moth. Ander snaakse flieks, soos Babbelkous en Bruidegom (1974) en Kootjie Emmer (1977), het sy gewildheid verder laat toeneem.
Cronjé het reeds in die beginjare van plaaslike televisie ’n huishoudelike naam geword, as Willem in ’n gelyknamige komiese speurreeks. Daarna het hy in talle TV-produksies, soos Binnelanders en Onder draai die duiwel rond verskyn.
Inligting: Wikipedia. 

“Most of my friends understand I’m a bit of a low-key guy. I’m lethargic and slow – and I like it,” he says.
So what is the secret to his success as a comedic actor? “That’s a difficult question to answer. I always tell the story about when I was at varsity and Anna Neethling-Pohl was one of my professors. She said ‘stand up, say your name, say where you come from and sit down’. So I got up and said, ‘I’m Tobie Cronje and I come from Germiston’. And everybody fell about and I didn’t know why,” he recalls.
“I think it’s something that I do … Maybe it’s the fact that I’m tall and skinny and I’ve got a long jaw. It all helps.
VLU se kunstenaar-keuse vir 2018-2019. 

Wednesday 13 December 2017

VLU Skrywers van die jaar: 2018-2019

Deon Meyer (Engels) en P.G. du Plessis (Afrikaans)  is vanjaar se skrywers van die jaar. Beide bekende en uitstekende skrywers. Wat 'n heerlike voorreg om meer van hulle te wete te kom.

Deon Meyer is a South African crime fiction author and screenwriter. His books are translated into 27 languages world-wide. A former journalist, advertising copywriter, Internet manager and brand strategist, Deon has published thirteen novels and two short story collections. His books have been published in more than 40 countries world-wide, and one (Dead Before Dying) was turned into the international TV series Cape Town.
He has also written two series for television, and four screenplays for feature films, and has produced and directed movies in his native Afrikaans.
Accolades for his books include Le Grand Prix de Littérature Policière (2003) and Le prix Mystère de la critique (2004) from France, the Deutsche Krimi Preis (2006, 2009), the Swedish Martin Beck Award (2010), the ATKV Prose Prize (2000, 2003, and 2004), the ATKV Suspense Fiction Prize (2008, 2009, 2011, 2014), the M-Net Award for Most Filmic Novel (2009, 2012), and the Barry Award for Best Thriller in the USA (2010).
Deon was born in Paarl in 1958 and matriculated in Klerksdorp in 1976. He studied at the Universities of Northwest, Free State and Stellenbosch, and holds a Masters’ Degree in Creative Writing.
He lives in Stellenbosch, and is passionate about South Africa, Mozart, mountain biking, cooking, photography, and Free State Cheetahs and Springbok rugby.
Read more about The Guardian Interview in Deon's biography.
Volg Deon Meyer op facebook waar jy sy pragtige foto's van die Karoo kan bewonder. 

P.G. du Plessis: 
Pieter Georg du Plessis (14 Julie 1934 - 7 Junie 2017), bekend as PG du Plessis, was 'n Afrikaanse skrywerdramaturg en akademikus. Hy lewer 'n groot verskeidenheid skryfwerk, met 'n beduidende bydrae tot die Afrikaanse drama. 

Sy rubrieke wat gedurende sy loopbaan as joernalis gepubliseer is, het later uitgeloop op die TV-reeks Koöperasiestories. Sy roman Fees van die Ongenooides (2008) is wyd vereer as een van die beste Afrikaanse letterkundige werke tot op hede.
Lees meer op Wikipedia.

Met sy tagtigste verjaarsdag op 14 Julie 2014 word ’n spesiale konsert tot sy eer in die Atterburyteater by Lynnwood Bridge in Pretoria gehou, waaraan bekende akteurs en kunstenaars soos onder andere Alexa Strachan, Sandra PrinslooMarius WeyersFrank Opperman en Elize Cawood deelneem.

Sêgoed van P.G. du Plessis: 

Grootsheid is . . . "iemand wat sy ding kan doen met volle integriteit sonder om sy ego te betrek! Humor is vlamme wat opslaan. As jy dit aan die brand probeer kry van êrens wat van nêrens kom, dan verdwyn dit." (Volksblad, 2 Desember 2008)

“Dit is die mees ontmannende ding wat daar is – dié vrees vir mislukking. Om ’n ding te maak met jou hart en siel en verstand en op die ou end is dit ’n bôkkerop.”

Lees meer op LitNet, dis baie interessant. 

Thursday 16 November 2017

Betekenis van die kersboom

VERTELLING soos deur Dr. Tertius Erasmus voorgelees tydens VLU Van Riebeeck se Senior Burger Funksie op 14 Nov. 2017.

Die jaar het verbygevlieg en dis amper Kersfees. Hierdie jaar het Oupa en Ouma by hulle kinders en kleinkinders kom kuier. Hulle was so lanklaas hier.  Die kleinkinders het besluit om vanjaar self die kersboom te versier en op te sit. Hulle het nou al so baie gesien hoe Ma en Pa dit doen en toe November aanbreek, is die boompie opgesit. Nou die ander aand baie laat, lê die kinders so lekker op die bank by Oupa en hy vertel vir hulle die storie van die kersboom met al die versierings daarop. Hierdie storie kom al ‘n lang pad. Hy het sommer baie ernstig gelyk terwyl hy met hulle gepraat het.
En weet julle wat het Ouma vir Oupa gesê? Sy't gesê: “Vertel vir die kinders van Kersfees. Vertel hulle wat Kersfees regtig beteken, want so baie mense het deesdae al vergeet wat Kersfees eintlik beteken.”



Eers wys Oupa na die kersboom en hy sê vir hulle: “Die naalde van 'n kersboom bly die hele jaar lank groen om ons daaraan te herinner dat Jesus gesorg het dat ons die hele jaar lank hoop kan hê en die spits van die denneboom wys boontoe om so vir ons te wys dat die hoop wat ons het, van die hemel af kom.”



Toe begin hy een na die ander versierings van die kersboompie afhaal en gebruik elkeen om vir hulle iets te sê. Eers vat hy 'n blink ster en hy sê vir hulle: “Die ster was lank terug 'n hemelse teken van ‘n belofte wat God gemaak het. Hy het belowe dat Hy 'n Verlosser na die wêreld toe sou stuur en die ster was die teken dat Hy sy belofte nagekom het.”
Daarna haal Oupa 'n engel van die boom af: “Dit was die engele wat heel eerste vir ons vertel het watter wonderlike ding gebeur het toe Jesus gebore is. 'n Hele hemelkoor van hulle het gesing: “Ere aan God in die hoogste hemel en vrede op aarde vir dié mense in wie Hy 'n welbehae het!”
Toe vat hy 'n kers en hy sê : “Die kers beeld vir ons uit dat Jesus die Lig vir die wêreld is en wanneer ons die lig sien wat 'n kers maak, sê dit vir ons dat Jesus die donker van die sonde weggevat het.”


Toe vat oupa van die boom een van daardie kerskransies wat die mense so graag in Kerstyd opsit en hy sê : “Hierdie krans leer vir ons en wys vir ons hoe ware liefde werk, dié liefde wat ons by God sien en wat ons ook teenoor mekaar moet uitleef. Dit het nie 'n begin nie en dit het nie 'n einde nie. Dit hou net aan en aan. Liefde is 'n volmaakte sirkel van omgee vir ander mense.”



Geskenkies moet ons ook herinner dat God die wêreld so liefgehad het, dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die Ewige Lewe sal hê. Dis die grootste geskenk wat God ons gegee het.  En soos die wyse manne die beste geskenke gegee het wat hulle kon, goud, wierook en mirre, so moet ons vir God altyd die beste gee en ons beste doen om so dankie te sê vir wat Hy klaar vir ons gedoen het.


Die volgende ding wat die Oupa van die boompie afgehaal het, was een van daardie suikerstokkie-kierietjies waarmee kersbome versier word.  Hierdie lekkertjie herinner aan die staf wat herders in die ou tyd gebruik het om hulle skape nader te trek om hulle so te beskerm, so te red van gevaar. Dis presies wat God gedoen het toe Jesus gebore is. Hy het ons weer na Hom te getrek, Hy red ons van ons sondeskuld. Maar ons moet ook dieselfde doen - ons moet omgee vir en omsien na almal wat God op ons pad laat kom.


Met 'n sagte geklingel haal Oupa 'n klokkie van die kersboompie af:  Soos 'n afgedwaalde skaap opgespoor word deur die geklingel van die klok wat om sy nek hang, so het Jesus ons wat afgedwaal het, weer teruggebring na God toe. Dis waaraan die klokkie op die kersboom julle moet laat dink.
Heel laaste vat hy een van daardie snaakse blaartjies waarmee kersbome altyd versier word.  In Engels noem hulle dit ''holly'', in Afrikaans is dit 'n ''huls''-blaartjie. Dis 'n blaartjie wat sulke rooi bessies het en ook nogal skerp dorings ook aanhet.  Hierdie blaartjies vertel vir ons wat hierdie Kindjie wat in die krip gebore is, uiteindelik vir ons gedoen het. Hy het aan die kruis gesterf vir ons sondes. Die dorings aan hierdie blaartjie herinner ons aan die doringkroon wat Hy vir ons gedra en die rooi van die bessies herinner ons aan sy bloed wat vir ons sondes gevloei het.


Toe sê die Oupa: “Ek het nou genoeg gepraat. Maar, groot asseblief, groot asseblief, onthou om dit ook eendag vir julle kinders te vertel, sodat hulle ook kan weet waaroor Kersfees eintlik gaan.”
Dis 'n werklikheid dat kersbome en kersversierings deel is van hoe ons Kersfees vier, alhoewel hierdie dinge niks met die eintlike betekenis van Kersfees te make het nie. Dis baie keer al wat mens sien as dit Kerstyd is. Ons kan al hierdie dinge gebruik om ons te herinner waaroor Kersfees regtig gaan. (dennenaalde, ster, liggies, geskenke, herderstaf en klokkie)

Die Seun van God kom by ons woon, op aarde God se beeld vertoon. Die Woord word mens: Die Hemelheer, God sélf daal in ons armoede neer.  Roem almal Sy geboortedag - Sy Lig verdryf die sondenag.  Juig, mensdom, loof u Koning saam, groot is sy Naam bo elke naam.  Ons almal moet dit oorvertel.

Thursday 2 February 2017

Bome van die jaar. Voël van die jaar. 2017-2018.

Bome van die jaar:
Harige Blinkblaar Wag-‘n-bietjie / Hairy Buffalo Thorn-(Ziziphus mucronata)
Ziziphus mucronata, or as it is more frequently known, the wag-'n-bietjie tree represents life as we know it. The young twigs are zigzag, indicating that life is not always straightforward. Two thorns at the nodes are also significant; one facing backward represents where we come from and one facing forward, represents where we are going. Ziziphus mucronata is a small to medium-sized tree, 3-10(-20) m high; with a spreading canopy. The main stem is green and hairy when young; year old branches often zigzag; the bark is reddish brown or roughly mottled grey, cracked into small rectangular blocks, revealing a red and stringy under-surface. Young stems are reddish brown.
Geographic distribution: The buffalo thorn is distributed throughout the summer rainfall areas of sub-Saharan Africa, extending from South Africa northwards to Ethiopia and Arabia.
Ecology: Although the fruit of Ziziphus mucronata cannot be counted as very tasty, the tree itself plays an important role ecologically. The leaves and fruit are sought after by birds of many species, wild animals and domestic stock. Giraffes are known to be especially fond of the leaves of this tree. Impala often feed on the dead leaves lying under the tree. Its inconspicuous, green to yellow flowers produce abundant nectar and often yield a good honey. While slow-growing (0.3 m or less per annum), it makes a pleasant shade tree and gives life to the garden by luring birds and insects such as butterflies, beetles and bees.



            
Ebbeboom / Ebony Tree (Euclea pseudebenus):
Afrikaans common name(s):  Swartebbe, Valsebbehout, Tsabiboom, Ebbeboom, Ebbehout, Abikwa, Sabbiboom, Basterebbehout
English common name(s): Black ebony, Cape ebony, Wild ebony, False ebony
Trees 3-9 m high or occasionally shrubs, with characteristically drooping branches, trunks 8-30 cm in diam. with a rough, dark bark; branches drooping, virgate, little to much branched, bark grey, or yellow or reddish-brown, young parts densely glandular and sparsely hairy.
Euclea pseudebenus or ebony guarri is a remarkably drought-hardy and tough indigenous tree with a most graceful appearance contrasting its harsh and unforgiving natural enviro Distribution and habitat: Euclea pseudebenus is found in harsh, stony and sandy desert and semi-desert areas, usually in lowlying areas along watercourses, or fairly nearby. This species of tree is often the only surviving tree that is able to cope with the harsh desert conditions. The distribution of black-ebony is relatively wide and follows a northwesterly direction across its range. It starts to appear in northern Namaqualand, extending eastwards to Bushmanland where it hugs the Gariep River on both the South African and Namibian sides. It then continues throughout the southwestern, central and northwestern part of Namibia right into the Kaokoveld and across into the mountainous parts of southern Angola. It is by nature a desert plant, being happy with both winter and summer rainfall conditions. In terms of its cultivation Euclea pseudebenus would be well suited to arid and semi-arid regions, with hot, long summers, and given plenty of water, will thrive and grow faster than those in the wild.
Uses: Euclea pseudebenus is highly sought after for its excellent quality fire wood. It is also valuable as a general timber for building and carving, but since pieces are usually small, it is not used extensively. The heartwood is black, hard, heavy and durable, very similar to the true ebony, and is often used for inlay work, such as the black squares on chess boards. The Nama of Namibia call this tree the tsawib which refers to its ebony-like wood. A place in Namibia where numerous ebony guarri trees grow is called Tsawisis, named after the tree. The roots and twigs are sometimes used as chewing sticks to clean the teeth. The fruits are edible when ripe, said to taste sweet and slightly astringent.
Euclea pseudebenus is not popular in horticulture, although its value as a small drought hardy tree, cannot be over emphasized. In parts of South Africa where hot and fairly dry weather is experienced, this species would make excellent garden trees, as they would grow quicker in cultivation. They would be ideal as replacements to exotic trees which are still too common in our gardens.



          
Voël van die jaar:
Swartaasvoël / Lappet-faced
(Lappet-faced Vulture / Nubian Vulture (Torgos tracheliotos). 
Aasvoëls is roofvoëls in die familie Aegypiidae wat van afval en aas lewe. Hulle is meesal groot voëls en het tipies 'n min of meer kaal kop. Navorsing het getoon dat hierdie veerlose koppe 'n belangrike rol mag speel in hitteregulering. Die kloue is nie baie sterk ontwikkel nie, maar die bek is kragtig en word gebruik om die vel van die dooie dier af te skeur. Die sig is baie sterk ontwikkel en die aas kan baie ver gewaar word. Een of twee eiers, na gelang van die soort, word gelê. Die nes, 'n platform van takkies, word in bome, op die grond of op kranslyste gebou. Aasvoëls word in alle wêrelddele aangetref, behalwe Antarktika en Oseanië. In suidelike Afrika is die naam vir 'n Swartaasvoël sinoniem met die term vir bemindes, aangesien hierdie aasvoëls altyd in pare aangetref word, die ma en jongeling bly in noue band met mekaar. Afparing, paar-assosiasie, beskerming en sorg word gesien as noodsaaklike eienskappe benewens die aasvoël se grootte en vermoë om hoog in die lug te sweef.
In die Wildtuin is die swartaasvoël die grootste en sterkste van sy soort. Hy word maklik uitgeken aan die diep persrooi kop en die los rooi nekvel, die massiewe snawel en die donker vere. Hy is die dominante figuur by ‘n karkas wat selfs met jakkalse en maraboes meeding om die sappigste happies, en hy sal nie skroom om na kleiner aasvoëls te pik as hulle nie gou genoeg padgee nie. Die swartaasvoël broei in die Wildtuin en kom oral voor.
Die swartaasvoël is reeds geruime tyd as kwesbaar gelys en sterftes neem steeds toe. Dit is die grootste spesie op die vasteland - die volwasse voël se vlerkspan is 'n nimlike 2,8m. Oor die laaste 12 jaar is 324 swartaasvoëls in die land gering waarvan 'n skrale 24 weer gesien is.

Inligting: Wikipedia
Foto's hier geplaas met erkenning aan fotograwe.