Reuben Riffel is VLU se kunstenaar van die jaar. Hy is een van Suid-Afrika se heelbeste chefs. Op "Reise na gister" van 1 Februarie 2016 kykNet, het Jak de Priester en hy 'n heerlike nostalgiese toer na sy geboorte- en grootwordplek beleef. Dié reis het begin by Groendalvallei naby Franschoek. Klik op die skakel as jy meer te wete wil kom. Reise na gister
Hier is ook interessante en inspirerende inligting: Reuben Riffel
Die Vroue Landbou Unie is ‘n opvoedkundige organisasie waarin vroue met dieselfde waardes geleentheid tot verruiming gebied word sodat hulle ‘n bydrae kan lewer en ‘n daadwerklike aandeel kan hê aan die ontwikkeling van ons land. In Bronkhorstspruit is die VLU deur al die jare sinoniem met interessante funksies, deeglikheid en uitstekende prestasies. Ons kyk met trots en groot waardering terug na ons voorgangers. Ons kyk met hoop en vreugde in ons harte vorentoe.
Inspirerend! Ek het ook die program op KykNet geniet!
ReplyDeleteDankie Maree! Gaaf dat jy kom inloer het op ons VLU blog!
Delete