Friday 15 December 2017

VLU Kunstenaar van die jaar: Tobie Cronje

Tobie Cronjé (1948-) is 'n gewilde Afrikaanse akteur (op verhoog, TV en in rolprente). Hy het drama aan die Universiteit van Pretoria studeer. Daarna het hy vir 'n motorversekering-maatskappy gewerk en musieklesse gegee.

Cronjé is veral bekend vir sy spel in klugte soos My vrou se man se vrou en My vrou se man se lyk se tas, en sy jaarlikse vertolkings van "dames" in Janice Honeyman se pantomimes vir die Nelson Mandela-teater in Johannesburg. Hy is egter ook ’n sterk dramatiese speler, soos hy bewys in die titelrol van Chris Barnard se Man met vakansie en in ander rolle in onder meer Die rebellie van Lafras Verwey en I Love My Wife.
Hy maak sy debuut in die rolprent Die Sersant en die Tiger Moth. Ander snaakse flieks, soos Babbelkous en Bruidegom (1974) en Kootjie Emmer (1977), het sy gewildheid verder laat toeneem.
Cronjé het reeds in die beginjare van plaaslike televisie ’n huishoudelike naam geword, as Willem in ’n gelyknamige komiese speurreeks. Daarna het hy in talle TV-produksies, soos Binnelanders en Onder draai die duiwel rond verskyn.
Inligting: Wikipedia. 

“Most of my friends understand I’m a bit of a low-key guy. I’m lethargic and slow – and I like it,” he says.
So what is the secret to his success as a comedic actor? “That’s a difficult question to answer. I always tell the story about when I was at varsity and Anna Neethling-Pohl was one of my professors. She said ‘stand up, say your name, say where you come from and sit down’. So I got up and said, ‘I’m Tobie Cronje and I come from Germiston’. And everybody fell about and I didn’t know why,” he recalls.
“I think it’s something that I do … Maybe it’s the fact that I’m tall and skinny and I’ve got a long jaw. It all helps.
VLU se kunstenaar-keuse vir 2018-2019. 

No comments:

Post a Comment