Thursday 26 January 2017

Werksaamhede vir 2017/ 2018 asook SKRYWERS van die jaar.

Tema van die jaar: Water
Studierigting: Omgewingsbewustheid (Klem op Tuin- en Landbou)
Skrywers: Afrikaans: Chanette Paul. Engels: Amanda Coetzee
Kunstenaar: Jacques Bessinger
Bome van die jaar (vir 2017):
Harige Blinkblaar Wag-‘n-bietjie / Hairy Buffalo Thorn (Ziziphus mucronata)
Ebbeboom / Ebony Tree (Euclea pseudebenus)
Voël van die jaar: Swartaasvoël / Lappet-faced (Lappet-faced Vulture / Nubian Vulture (Torgos tracheliotos).)
Omgeeprojek: Denims & Kniebroeke (tot 18 jaar) – Seuns en dogters. (+ T-hemde as bonus)

Net 'n kort geselsie oor 'n paar van bg. :
WATER: Daar kan so baie interessante dinge gedoen word in 'n tak om vanjaar se tema uit te lig. Dink bv. net aan Afrikaanse spreekwoorde oor water. Ons hoor dit deesdae nie meer so dikwels nie. Hoe mooi is ons taal nie, kom ons gebruik weer hierdie uitdrukkings:
1.Hy dra water in 'n mandjie aan. - Hy probeer wat onmoontlik is.

2.Hy hou darem nog kop bo water - hy sorg dat hy nie ondergaan nie

3. Hy kom nie warm by die water nie.- Hy is uiters stadig.

4. Die son trek water.- Dit word laat.
Daar is nog baie kleurvolle uitdrukkings wat ons gerus meer kan gebruik in ons daaglikse omgangstaal. 

SKRYWERS van die jaar: 
Afrikaanse skrywer: Chanette Paul.
Kom lees meer oor hierdie interessante skrywer:
Chanette Paul se blog
Sy sê: 
Ek is lank, lank gelede in Johannesburg gebore en het vir die grootste deel van my lewe redelik geswerf.  In 2002 het ek ’n droomerf in ’n droomdorp gekoop en met die hulp van ’n paar bakkiebouers vir my ’n ietwat skewe droom pophuisie aan die oewer van die Kleinerivier gebou.  Hier op Stanford woeker ek met woorde, probeer sinne laat sing en leef my uit in stories.
Ek is katmal, ʼn onkundige maar ywerige tuinier, ʼn leesvraat en musiekliefhebber.  Ek is gek oor die rivierlewe – veral om handlanger te speel op die rivierboot wat Blom (die man in my lewe) bedryf. Dis ook vir my wonderlik om walvisse by nabygeleë kusdorpe soos Hermanus dop te hou en eendag, glo ek, sal ek nog ‘n meermin sien.
As ek nie sou kon skryf nie, sou ek nie sin uit die lewe kon maak nie.
Chanette het ook 'n webwerf waar jy nog meer van haar te wete sal kom:
Chanette se webwerf
Haar nuutste boek, Offerande, is deel 2 van die Offer-tweeluik en voltooi die verhaal van Caz Colijn wat in Offerlam - deel 1 - afgeskop het. Offerlam is reeds in Nederlands gepubliseer en die Engelse vertaling verskyn in 2017.
​Offerande
word tans in Nederlands vertaal en die verwagte publikasiedatum is April 2017.












Engelse skrywer / English writer: Amanda  Coetzee
When she isn’t writing crime thrillers, Amanda Coetzee works as a deputy headmistress. She grew up in Bedford, England, and now lives in Rustenburg with her husband and son.
'Redemption Song' is Amanda’s second novel after her acclaimed debut crime thriller Bad Blood.
Die gewilde spanningsverhaal-skrywer, Amanda Coetzee se vierde verhaal in haar Badger-reeks,  One Shot beloof om jou weer naels te laat kou. Die enigmatiese speurder Badger moet al sy vernuf inspan teen ‘n dodelike skerpskutter. Die skerpskutter het ‘n donker verlede in Afghanistan en Suid-Afrika en laat ‘n spoor van bloed in Bedford agter, terwyl Badger na hom soek.

You can read here more about Amanda. 
Amanda reads from her novel, Bad blood: Click on this link to listen. You will also find the video on Van Riebeeck's blog. 




No comments:

Post a Comment