Wednesday 3 August 2016

Professor Johannes Slabbert se praatjie tydens VLU Van Riebeeck takvergadering 19 Julie 2016.



Prof. Johan Slabbert is ‘n opvoedkundige aan die Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit van Pretoria.
Hy besef dat die VLU se visie die opheffing en verryking  van vroue plaaslik, in Suid-Afrika en ook globaal is. Hy is ook bewus daarvan dat ons jaartema  Samewerking vir ‘n beter toekoms is. 

Vandeesmaand se studierigting:  Kuns en kultuur.

Tema:  Skrywers van die jaar. 

Afrikaanse skrywer: Marieta van der Vyver en  Engelse skrywer: Gareth Crocker.

Marieta van der Vyver: 58 jaar oud. Sy het ‘n meestersraad in Joernalistiek.  In 1999 vertrek sy na Frankryk en trou met Alain Claisse. Hul afsonderlike kinders: Daniël, haar seun en  Alain se seuns, Thomas en Hugo. Hulle twee se dogter: Mia.

Marita se mees bekende publikasie: 1992 Griet skryf ‘n sprokie , maak groot opslae. Dit was die eerste Afrikaanse roman ooit wat in Chinees vertaal is, en het meer onlangs ook in Yslands verskyn.

Sy is ‘n gewone mens, met ‘n nagraadse kwalifikasie en ‘n vreemde gesin wat in die buiteland woon.

Johan lees ‘n gedeelte uit haar dagboek waarin sy aantekeninge maak rakende haar nuwe publikasie waarin sy aandui dat sy net nie kan begin skryf nie en “shitless” bang is. Om ‘n skrywer te wees,  is harde, uitputtende werk wat met baie onsekerhede gepaard gaan, al is ‘n mens reeds ‘n gesoute skrywer.  ‘n Skrywer is iemand wat die vermoë het om op ‘n buitengewone manier en met emosie te beskryf – dit is ‘n groot kuns. Terselfdertyd sit skrywers wat hulle sout werd is, hulle hele siel in hulle werk.

Hy lees ook ‘n stukkie uit een van haar mees onlangse kortverhale: “’n Fontein voor ons deur” waar sy haar lewe in Frankryk – ‘n eerstewêreldse, ontwikkelde land - beskryf, waar alles so ontsettend frustrerend stadig is en toeriste meer ‘n las as plesier is. Die boodskap is dat sy dan skielik afkom op visverkopers wat ‘n operarea sing en dat sy in ‘n oombllik haar hele gemoedstoestand kan verander. – en so kan ons almal.

Gareth Crocker: 42 years old. Degree in English, Psychology and Communication. He is a
South African but has been working for a short time in England.He has a wife and two children.

Ook ‘n gewone mens, maar doen sy skryfwerk in ‘n donker kamer met dowwe, kleurvolle neonligte vir die regte atmosfeer.

Prof. Johan lees ‘n stukkie uit sy mees onlangse roman “The last road trip”. Dit handel oor vier vriende in ‘n aftree-oord wat deur ‘n vreemdeling in dieselfde aftree-oord uitgedaag word om nie te wag vir die dood nie, maar om die lewe voluit te lewe.

Die oorkoepelende boodskap vanuit die kuns en kultuur of meer spesifiek, die letterkunde, rakende samewerking vir ‘n beter toekoms is: Dit maak nie saak hoe moeilik of selfs onmoontlik dinge mag lyk vir elkeen van ons persoonlik of ons families, groter gemeenskap, land en/of  wêreld nie, elkeen van ons het nog ‘n onmeetlike bydrae het om te lewer en om dit te laat realiseer. 

 
 

No comments:

Post a Comment