Thursday 19 May 2016

VLU Van Riebeeck: Samewerking vir ‘n beter toekoms.


17 Mei se takvergadering studierigting was Internasionaal. Ons tema: Dilemma van die moderne swart vrou in die RSA t.o.v. tradisie.
Mel Mtswene, die spreker en ‘n moderne en entoesiastiese jong vrou, het haar lewensmotto en idees met ons gedeel. Sy is al vir jare gemoeid met navorsing en ontwikkeling van kinders op intellektuele, liggaamlike en geestelike vlak. Gesondheid en versorging teenoor kleuters in kleuterskole en in haar “au pair”-werk geniet aandag sedert 2005 tot op hede. Sy is vol energie en ‘n inspirasie vir almal met wie sy in aanraking kom. Haar woorde het ons laat besef hoe tye verander het. Wat vroeër jare die norm was, is nie noodwendig nou meer van toepassing nie. In haar kultuur was dit ‘n probleem as ‘n vrou bv. nie op 25-jarige ouderdom reeds getroud is en in onderdanigheid en gehoorsaamheid met haar man saamgeleef het nie. Hedendaags is die huwelik ‘n 50/50 instelling: die meeste vroue beoefen ‘n beroep tesame met moederskap. Dat ‘n man dus in die huishouding ook sy deel moet doen, is vanselfsprekend. Haar sterk geloof in dit wat God vir ons bedoel om te wees, was nog altyd vir haar die beste riglyn en anker. In haar eie woorde: “As a young African woman, traditionally we are raised to be wives and mothers. From an early age we are groomed to become useful women that know how to take care of their family. Education in the olden days was not as important as it would take time away from the primary goal of a woman. Then questions were not asked, we accepted what we were told and held up the values instilled, whether it be cultural practices or rules and laws which were in place.


Women generally conformed, as they wanted to belong, be loved and feel accepted. Women were too afraid to raise their voices, afraid to make decisions about their lives and passions.
As for me, a young African woman, I have discovered the world and have met different people which have inspired and influenced my thinking. Being a Christian has liberated me as I understand who I am  and the purpose I am called to live on earth. I choose happiness and love all the time, as I believe it is the gateway to influencing people’s lives positively. Pleasing God comes above every decision and choices I have to make and that sometimes means defying the norms.”
Soos gewoonlik is ons vergadering ingekleur deur ander opwindende gebeurtenisse: lede het weer talle pragtige handgemaakte artikels ingeskryf vir die takkompetisie wat deur Emma Pretorius beoordeel is. Daar is sepies en ander klein geskenke verkoop, eiehandig vervaardig deur Meisie Kotze se kleindogter. Verjaarsdae gedurende April en Mei het aandag gekry. Heerlike eetgoed is saam met tee/koffie geniet, keurig voorgesit soos altyd. Dankie aan Alda van der Merwe en haar gasvroue. Lief en leed is gedeel: Marie van der Walt verhuis eersdaags na Pretoria en ons wens haar sterkte toe. Ons sal haar beslis baie mis! Almal is dankbaar oor die goeie reën die afgelope tyd. Kuiergaste is altyd welkom by ons vergaderings: Mara Erasmus het ons harte verbly met haar teenwoordigheid.



Sally Ferreira en Mel Mtswene, ons gasspreker, geniet dit om deur vorige jare se takalbums te blaai.
Joan, Helena en Marie wonder wie gaan 'n handgemaakte sepie koop.


 Van Riebeecklede hou vergadering.
'n Paar selfoonsakkies wat eersdaags na Warwick in Engeland gaan.

Ons beoordelaar, Emma Pretorius, aan die woord.

Heleen Bolton en Charlotte Engelbrecht , wat die OVK verteenwoordig, het verduidelik hoe om te registreer en te stem. Dat dit uiters belangrik is om voor die verkiesing (3 Augustus) seker te maak jou besonderhede is korrek, is elkeen se verantwoordelikheid. As jy nie registreer nie, kan jy nie stem nie. Dit is jou reg en burgerlike plig. Hoe kan jy vasstel of jy geregistreer is?
* Kyk by jou plaaslike OVK-kantoor van Maandag-Vrydag gedurende kantoorure.
* Sms jou ID-nommer na 32810
* Gaan na OVK se webwerf (
www.elections.org.za) en volg die skakel “Am I registered to vote?”
*Kyk op die kiesersrol by jou stemlokaal waar jy geregistreer is om te stem, voor die algemene verkiesing. Jy kan dit gedurende die kiesersregistrasienaweke doen.
Ons beplan ook weer ‘n pannekoek-en jaffelbakdag op 27 Mei. Dié fondse word later in die jaar gebruik om ‘n Senior Burger Funksie gratis aan te bied.

No comments:

Post a Comment