Wednesday, 19 October 2016

Staan 'n bietjie stil

VLU -Openingsgebed.

Bewaar ons o Here van kleinlikheid
Laat ons groot wees in gedagte, woord en daad
Laat ons foutvindery vermy en waak teen alle selfverheerliking
Mag ons alle skyn vermy en mekaar eerlik in die oë kyk, sonder selfbejammering en vooroordeel
Mag ons traag wees om te oordeel en altyd grootmoedig
Leer ons, ons beter neiginge eerlik en vreesloos in beoefening te bring
Help ons om nie gejaagd te wees nie, om toe te neem in rustigheid, waardigheid en sagsinnigheid
Gee dat ons mag besef dat dit die klein dingetjies is wat verdeel, dat ons in die groot dinge van die lewe een is
Mag ons strewe om die groot algemeen menslike hart te raak en te ken. En o Here ons God, laat ons nooit nalaat om minsaam te wees nie.
Amen.
Vertaling deur dr. J.E. O'B Geldenhuys.

 
 

Tuesday, 23 August 2016

Heleen se praatjie


Heleen Hertzog is by ons almal bekend. Sy is reeds 50 jaar lid van Van Riebeecktak en het al diep spore getrap. Tydens ons Augustus-vergadering was dit ‘n voorreg om na haar baie interessante vertellings oor kuns en kunsgeskiedenis te luister. Die tema:  “Hoe waardeer ek kuns?” is deeglik en met genoeg humor bespreek.
“Ons almal het kuns in ons, ons moet dit net ontdek. ‘n Musikant het note nodig, ‘n skrywer woorde, ‘n skilder inspirasie, verbeelding en drome…
Kuns is ‘n persoonlike ding, kunswaardering ook. Gedurende die antieke tye was erdewerk en houtkuns goedkoop. Openbare geboue is ook ‘n kunsvorm.

Kuns verskaf ‘n manier om uiting te gee aan jou verbeelding en dit bring die kind in ons na vore. Om volwassenheid te bereik en steeds kontak met die kind in jou te hou, maak ‘n mens gelukkig. Skilderkuns, rituele, uitvoerings en danse…dit is alles vorms van kuns. Kuns is ‘n vorm van vermaak. Dit het helende en sielkundige doeleindes.”
Heleen vertel van die Louvre in Parys, die wêreld se grootste museum en historiese monument asook Mona Lisa, halflyf portet van ‘n vrou deur Leonardo da Vinci wat as die bekendste kunswerk in die ganse wêreld beskou word en wat sy en haar kleindogter die voorreg gehad het om te kon besoek. Michelangelo, 'n Italiaanse skilder, beeldhouer, argitek, digter en ingenieur wat tydens die Renaissance aktief was, Picasso en Vincent van Gogh word ook bespreek.

Vincent van Gogh se woorde: “I sometimes think there is nothing so delightful as a drawing” asook Tomothy Nero: “om te teken, hou jou oog wakker, jou gedagtes lewendig en jy word nederig” is steeds woorde wat inspireer. Dit is eers as ‘n mens begin teken, dat jy met oop oë kyk.

Heleen gesels oor die geskiedenis van kleur en bemarking. Sy vertel van haar eie kunsgroepie en die helende uitwerking wat dit op almal het wat die klas bywoon. Om te belê in kuns is ‘n persoonlike keuse. “Koop waarvan jy hou, werk aan ‘n versameling van ‘n verskeidenheid.” Gee verf en papier aan ‘n kleuter en jy gee aan hom ‘n voorsprong.
Pierneef, wat as die beste landskapkunstenaar in Suid-Afrika beskou word, se lewensverhaal word vertel. Lees hier meer oor hom: Pierneef
Nogmaals dankie vir ‘n kleurvolle en baie inspirerende oggend tydens ons takvergadering by Oude Werf.
(Heleen se boeiende praatjie is opgeneem en beskikbaar op cd indien jy belang stel.)
Elizabeth Kendall (skakelbeampte)

 

Wednesday, 3 August 2016

Professor Johannes Slabbert se praatjie tydens VLU Van Riebeeck takvergadering 19 Julie 2016.



Prof. Johan Slabbert is ‘n opvoedkundige aan die Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit van Pretoria.
Hy besef dat die VLU se visie die opheffing en verryking  van vroue plaaslik, in Suid-Afrika en ook globaal is. Hy is ook bewus daarvan dat ons jaartema  Samewerking vir ‘n beter toekoms is. 

Vandeesmaand se studierigting:  Kuns en kultuur.

Tema:  Skrywers van die jaar. 

Afrikaanse skrywer: Marieta van der Vyver en  Engelse skrywer: Gareth Crocker.

Marieta van der Vyver: 58 jaar oud. Sy het ‘n meestersraad in Joernalistiek.  In 1999 vertrek sy na Frankryk en trou met Alain Claisse. Hul afsonderlike kinders: Daniël, haar seun en  Alain se seuns, Thomas en Hugo. Hulle twee se dogter: Mia.

Marita se mees bekende publikasie: 1992 Griet skryf ‘n sprokie , maak groot opslae. Dit was die eerste Afrikaanse roman ooit wat in Chinees vertaal is, en het meer onlangs ook in Yslands verskyn.

Sy is ‘n gewone mens, met ‘n nagraadse kwalifikasie en ‘n vreemde gesin wat in die buiteland woon.

Johan lees ‘n gedeelte uit haar dagboek waarin sy aantekeninge maak rakende haar nuwe publikasie waarin sy aandui dat sy net nie kan begin skryf nie en “shitless” bang is. Om ‘n skrywer te wees,  is harde, uitputtende werk wat met baie onsekerhede gepaard gaan, al is ‘n mens reeds ‘n gesoute skrywer.  ‘n Skrywer is iemand wat die vermoë het om op ‘n buitengewone manier en met emosie te beskryf – dit is ‘n groot kuns. Terselfdertyd sit skrywers wat hulle sout werd is, hulle hele siel in hulle werk.

Hy lees ook ‘n stukkie uit een van haar mees onlangse kortverhale: “’n Fontein voor ons deur” waar sy haar lewe in Frankryk – ‘n eerstewêreldse, ontwikkelde land - beskryf, waar alles so ontsettend frustrerend stadig is en toeriste meer ‘n las as plesier is. Die boodskap is dat sy dan skielik afkom op visverkopers wat ‘n operarea sing en dat sy in ‘n oombllik haar hele gemoedstoestand kan verander. – en so kan ons almal.

Gareth Crocker: 42 years old. Degree in English, Psychology and Communication. He is a
South African but has been working for a short time in England.He has a wife and two children.

Ook ‘n gewone mens, maar doen sy skryfwerk in ‘n donker kamer met dowwe, kleurvolle neonligte vir die regte atmosfeer.

Prof. Johan lees ‘n stukkie uit sy mees onlangse roman “The last road trip”. Dit handel oor vier vriende in ‘n aftree-oord wat deur ‘n vreemdeling in dieselfde aftree-oord uitgedaag word om nie te wag vir die dood nie, maar om die lewe voluit te lewe.

Die oorkoepelende boodskap vanuit die kuns en kultuur of meer spesifiek, die letterkunde, rakende samewerking vir ‘n beter toekoms is: Dit maak nie saak hoe moeilik of selfs onmoontlik dinge mag lyk vir elkeen van ons persoonlik of ons families, groter gemeenskap, land en/of  wêreld nie, elkeen van ons het nog ‘n onmeetlike bydrae het om te lewer en om dit te laat realiseer. 

 
 

Thursday, 19 May 2016

VLU Van Riebeeck: Samewerking vir ‘n beter toekoms.


17 Mei se takvergadering studierigting was Internasionaal. Ons tema: Dilemma van die moderne swart vrou in die RSA t.o.v. tradisie.
Mel Mtswene, die spreker en ‘n moderne en entoesiastiese jong vrou, het haar lewensmotto en idees met ons gedeel. Sy is al vir jare gemoeid met navorsing en ontwikkeling van kinders op intellektuele, liggaamlike en geestelike vlak. Gesondheid en versorging teenoor kleuters in kleuterskole en in haar “au pair”-werk geniet aandag sedert 2005 tot op hede. Sy is vol energie en ‘n inspirasie vir almal met wie sy in aanraking kom. Haar woorde het ons laat besef hoe tye verander het. Wat vroeër jare die norm was, is nie noodwendig nou meer van toepassing nie. In haar kultuur was dit ‘n probleem as ‘n vrou bv. nie op 25-jarige ouderdom reeds getroud is en in onderdanigheid en gehoorsaamheid met haar man saamgeleef het nie. Hedendaags is die huwelik ‘n 50/50 instelling: die meeste vroue beoefen ‘n beroep tesame met moederskap. Dat ‘n man dus in die huishouding ook sy deel moet doen, is vanselfsprekend. Haar sterk geloof in dit wat God vir ons bedoel om te wees, was nog altyd vir haar die beste riglyn en anker. In haar eie woorde: “As a young African woman, traditionally we are raised to be wives and mothers. From an early age we are groomed to become useful women that know how to take care of their family. Education in the olden days was not as important as it would take time away from the primary goal of a woman. Then questions were not asked, we accepted what we were told and held up the values instilled, whether it be cultural practices or rules and laws which were in place.


Women generally conformed, as they wanted to belong, be loved and feel accepted. Women were too afraid to raise their voices, afraid to make decisions about their lives and passions.
As for me, a young African woman, I have discovered the world and have met different people which have inspired and influenced my thinking. Being a Christian has liberated me as I understand who I am  and the purpose I am called to live on earth. I choose happiness and love all the time, as I believe it is the gateway to influencing people’s lives positively. Pleasing God comes above every decision and choices I have to make and that sometimes means defying the norms.”
Soos gewoonlik is ons vergadering ingekleur deur ander opwindende gebeurtenisse: lede het weer talle pragtige handgemaakte artikels ingeskryf vir die takkompetisie wat deur Emma Pretorius beoordeel is. Daar is sepies en ander klein geskenke verkoop, eiehandig vervaardig deur Meisie Kotze se kleindogter. Verjaarsdae gedurende April en Mei het aandag gekry. Heerlike eetgoed is saam met tee/koffie geniet, keurig voorgesit soos altyd. Dankie aan Alda van der Merwe en haar gasvroue. Lief en leed is gedeel: Marie van der Walt verhuis eersdaags na Pretoria en ons wens haar sterkte toe. Ons sal haar beslis baie mis! Almal is dankbaar oor die goeie reën die afgelope tyd. Kuiergaste is altyd welkom by ons vergaderings: Mara Erasmus het ons harte verbly met haar teenwoordigheid.



Sally Ferreira en Mel Mtswene, ons gasspreker, geniet dit om deur vorige jare se takalbums te blaai.
Joan, Helena en Marie wonder wie gaan 'n handgemaakte sepie koop.


 Van Riebeecklede hou vergadering.
'n Paar selfoonsakkies wat eersdaags na Warwick in Engeland gaan.

Ons beoordelaar, Emma Pretorius, aan die woord.

Heleen Bolton en Charlotte Engelbrecht , wat die OVK verteenwoordig, het verduidelik hoe om te registreer en te stem. Dat dit uiters belangrik is om voor die verkiesing (3 Augustus) seker te maak jou besonderhede is korrek, is elkeen se verantwoordelikheid. As jy nie registreer nie, kan jy nie stem nie. Dit is jou reg en burgerlike plig. Hoe kan jy vasstel of jy geregistreer is?
* Kyk by jou plaaslike OVK-kantoor van Maandag-Vrydag gedurende kantoorure.
* Sms jou ID-nommer na 32810
* Gaan na OVK se webwerf (
www.elections.org.za) en volg die skakel “Am I registered to vote?”
*Kyk op die kiesersrol by jou stemlokaal waar jy geregistreer is om te stem, voor die algemene verkiesing. Jy kan dit gedurende die kiesersregistrasienaweke doen.
Ons beplan ook weer ‘n pannekoek-en jaffelbakdag op 27 Mei. Dié fondse word later in die jaar gebruik om ‘n Senior Burger Funksie gratis aan te bied.

Thursday, 14 April 2016

Tyd staan nie stil nie

Die jaar 2016 is nou reeds in sy kleuterskoene. Skaars gebore en kan nou al loop. Ons opgewondenheid om vanjaar die Streekkonferensie hier in Bronkhorstspruit te kon hou, het lankal gaan lê. Net mooi herinneringe het oorgebly en dit word gekoester en bewaar.

Weke lank het ons gewerk en gewoel en voorbereidings getref. En nou is dit alles agter die rug. Ons kan dit skaars glo. Ons harte voel bly en dankbaar. Ons kan in alle eerlikheid sê dat elke lid van Van Riebeecktak met oorgawe en vol entoesiasme haar deel gedoen het. Ons aanbieding was 'n sukses! Alle eer aan ons Hemelse Vader wat elke lid met unieke talente geseën het. Ons kon voorwaar ten volle uiting gee aan die tema van vanjaar: Samewerking vir 'n beter toekoms.

Volgende jaar is dit weer iemand anders se beurt om die konferensie aan te bied.

Kom geniet 'n kort video waarin 'n paar van ons bedrywighede gewys word. Ons Naaldekokerdae bly heerlike informele pretdae. Ons leer baie van en by mekaar. Ons takvergaderings word elke derde Dinsdag van 'n maand gehou. Die sameroeper sorg vir 'n interessante aanbieding en word deur twee of drie gasvroue bygestaan. Elke bestuurslid kry 'n beurt om sameroeper te wees. Weer eens leef ons die VLU- tema met vreugde uit!

video
Om aan die VLU te behoort, is en bly 'n groot lekkerte! Daar wag altyd iets interessants om die draai. Die takkompetisies val in almal se smaak, want vir elkeen is daar iets wat 'n uitdaging bied. As jy nie lief is vir naaldwerk nie of jou verbeel dat jy dit nie kan baasraak nie, is daar altyd nog dinge soos skryfwerk of fotografie, handvlyt, hekel, brei, skilder...te veel om op te noem.
Tydens konferensies en kongresse word ook hegte vriendskapsbande met lede van ander takke en streke gesmee en heerlik saamgekuier.
 

Sunday, 20 March 2016

Dankie sê

Dankie aan ons plaaslike koerant STREEKNUUS. Ons waardeer dit dat julle ons berigte so gereeld en foutloos plaas. Dis lekker om die koerant oop te maak en goeie nuus te lees. Dis ook lekker om op dié manier meer lede na ons VLU-tak te nooi. Dankie aan Helena vir jou omgee, ons is baie seker dat almal in die Streeknuus-kantoor die heerlike wortelkoek geniet het!

Thursday, 3 March 2016

Kom kyk wat doen ons alles!

Ek deel graag 'n paar onlangse foto's wat tydens takvergaderings en werkklasse geneem is. Ons opgewondenheid oor die konferensie wat voorlê ken geen perke nie! Elke dag word daar gewoel en gewikkel en heerlik saamgewerk! VLU Van Riebeeck is trots en dankbaar vir soveel ywerige en entoesiastiese vroue. Saamstaan en saamlag maak alle take makliker! 





 Ons werk aan die "underplates" vir konferensie, dié wat nie gom smeer nie, skeur helderbont "tissues" in klein vierkante en plak dit netjies vas. O, dit gaan so mooi en kleurvol lyk!! 

 'n Paar vrolike gesigte! Almal is lede van VLU Van Riebeecktak op Bronkhorstspruit. 

 Werk en speel! 

 Het jy al van "petit fours" gehoor? Hier werskaf ons en raak slimmer by die oomblik! Te lekker! 
Ons sien baie uit na die konferensie wat D.V. op 3 Maart by De Oude Werf in Bronkhorstspruit gaan gebeur! Ons verwag 122 gaste! 

Tuesday, 23 February 2016

Wyshede tydens takvergaderings

VLU Van Riebeeck hou elke derde Dinsdag 'n vergadering. Bestuurslede kry deur die jaar 'n beurt om sameroeper te wees. Hulle is dan ook verantwoordelik daarvoor om iets interessants te reël. Die verskeie voorgeskrewe studierigtings nl. vandag se vrou, omgewingsbewustheid, kuns en geskiedenis, kreatiewe en produktiewe vaardighede, gemeenskapsbewustheid en internasionaal word in hierdie vergaderings gedek en behandel. Die tema is die sameroeper se eie keuse. Februarie 2016  se studieringting was bv. Gemeenskapsbewustheid en die tema Gevangenisse.
Julle kan self dink dat dit baie interessant was. Op ons facebookblad is daar 'n volledige beskrywing van dié vergadering asook foto's. Klik hier om meer te wete te kom.

'n Sameroeper het altyd ook 'n paar gasvroue wat haar help om dinge glad te laat verloop. Hulle almal sorg vir heerlike eetgoed en allerlei interessante dinge wat kleur aan 'n doodgewone takvergadering gee.

 Lyk dit nie lekker nie?
 

Nella Coetzee, wat 'n gasvrou was en een van ons ouer (maar steeds op-en-wakker lede) het dié interessante en pittige inligting met ons gedeel:

VLU POTTE
Dat VLU vriendinne soos potte is, is dalk nie 'n vleiende vergelyking nie, maar kan tog waar wees.
1. Die pappot-vriendin: die lekker rustige vriendin wat eenkant staan en prut. Sy neem nie jou lewe oor nie en maak nie die pap te dik aan nie, maar jy weet presies wat onder die deksel aangaan. Is jy soos sy?
2. Die ryspot-vriendin: sy is vreeslik lief vir skinder, dus vertel jy nooit jou geheime vir haar nie, want net soos 'n ryspot kook sy oor die oomblik as jy jou rug draai. Is jy soos sy?
3. Drukkoker-vriendin: die bekwame vriendin wat 'n leier is op elke gebied. Sy doen alles vinniger en beter as ander. As sy egter ontplof, is niks ooit weer dieselfde nie. Is dit dalk jy?
4. Jou dubbelkastrol-vriendin: sy kan net funksioneer as sy iemand onder haar het wat die stoomwerk doen. Tog het sy 'n besondere funksie in die VLU. Is dit dalk jy?
5. Pan-vriendin: sy is oop, vriendelik en verberg niks onder die deksel nie. Sy steek altyd 'n lang arm uit om jou te help. Sonder haar is jou potterak onvolledig en jou siel armer. Is dit dalk jy?
Kom ons bewaar ons potte soos goud en vergeet nie ons eie roet en aanbrandsel aan die binnekant nie. Kom ons besef ook dat elke "pot" of "pan" nodig is in ons VLU kombuis en 'n spesiale taak het.
 
Nella aan die woord. 

Sunday, 7 February 2016

Skrywers van die jaar


VLU se skrywers van die jaar is twee baie interessante mense: Marita van der Vywer en Gareth Crocker. 

Die Afrikaanse skrywer is die baie bekende Marita van der Vywer. Ek wil amper nie glo dat daar 'n vrou in ons land is wat nog nie een of meer van haar boeke gelees het nie. Op my rak is 'n hele paar, waarvan "Griet skryf 'n sprokie" een is.



Gebore en getoë: Marita van der Vyver is op 6 Mei 1958 in die Kaap gebore, die oudste kind van Danie en Yvonne van der Merwe. Sy het ’n jonger broer en suster. Sy word groot en gaan skool in Bellville (Boston en Welgemoed) en Pretoria (Lynnwood en Menlopark). Die laaste twee jaar van haar skoolloopbaan spandeer sy as onwillige koshuiskind aan die Hoërskool Nelspruit. Marita skryf matriek in 1975 – Afrikaans se eeufeesjaar.

In ’n landwye digkunswedstryd vir matriekleerlinge word sy as een van die wenners aangewys en wen sy ’n studiebeurs vir vier jaar aan die universiteit van haar keuse. Sy kies die Universiteit Stellenbosch, omdat dit haar pa se alma mater was en omdat sy wou wegkom uit die Transvaal.

Van haarself sê sy: “Vandat ek ’n pen kon vashou, wou ek stories skryf. Ek was die kind in die straat wat die stories uitgedink het wat die anders kinders gespeel het. My behoefte is eerder om stories te vertel as om te skryf. As ek honderde jare terug in Afrika geleef het, was ek die storieverteller om die vuur.” (Beeld, 4 Oktober 2008)
“Nee, ek sal nooit ophou skryf nie. Op die ou end is dit ’n skans teen die dood.” (Beeld, 4 Oktober 2008)

'n Collage met 'n paar van haar boeke en 'n foto van haarself. 

Marita van der Vyver (born 6 May 1958) is an Afrikaans author who has written several books for both adult and youth audiences. Since 1999, she has been settled in France with her husband and three children.Van der Vyver wrote a collection of humorous essays detailing life in the countryside of France, titled Die hart van ons huis in 2004, after which her first volume of short stories, Bestemmings was released, together with an English counterpart.

She was born in Cape Town in 1958 and grew up in Bellville and Menlo Park and got her early education from Hoërskool Nelspruit. In 1975, in a national Afrikaans poetry competition for matric pupils, she won a study bursary for four years at the university of her choice. She chose Stellenbosch University, where she participated in D.J. Opperman's poetry workshops and was awarded a BA degree, majoring in Afrikaans and French, in 1978. The following year, she acquired an honours degree in journalism. She completed a master's degree in journalism several years later. After returning to South Africa after a year of travelling in Europe, van der Vyver worked as a reporter for Die Burger, as a copywriter for Leserskring (a book club) and a feature writer for Sarie.

She published three youth novels, Van Jou Jas (1982), Tien vir 'n Vriend (1987) and Eenkantkind (1991) before releasing her first novel for adults, Griet skryf 'n Sprokie in 1992, which won the ATKV, M-Net and Eugène Marais prize. It was translated into English, Dutch, Italian, French, Spanish, Swedish, Czech, Chinese and Hebrew. In 1994, Dinge van 'n Kind, another youth novel, was published before she released her first book for young children, Olinosters op die Dak in 1997.
Another adult novel, Wegkomkans was published in 1999, followed by Griet Kom Weer in 2001. Her youth novel Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom won the Sanlam Prize for Youth Fiction in 2002 and was made into a film in 2010. Info: Wikipedia

Die Engelse skrywer is Gareth Crocker: 
Gareth Crocker’s debut novel, Finding Jack, was published in New York to international acclaim. It was translated into several languages and featured in eight volumes of Reader’s Digest Select Editions. It went on to sell more than a million copies in its various formats. On the back of Finding Jack’s success, Penguin Books signed Gareth to a three-book deal. Journey from Darkness was published in 2012 followed by Never Let Go in 2013. Gareth’s latest novel, King, has just been published. Writing is done at night, in a dark room, next to a small window.
Q: Married? Children? Animals?
A: Embarrassing cliché. Married my high school sweetheart in 1999, we’ve been quietly at war ever since. Have two beautiful children, Jordann (8) and Jennifer (11). Four dogs, three of whom are highly pedigreed. Remaining dog has not seen itself on glossy posters of dog breeds and, as a consequence, lives miserably in the shadow of highly pedigreed siblings. Three cats, one of whom is missing a leg courtesy of a recent successful game of ‘fetch’ involving a moving car tyre, attached to a moving car wheel, attached to a moving car.
Q: How long have you been writing?
A: Since I was nine. I discovered that young girls were rather fond of rhyming couplets so I supplemented my weekly pocket money with paid-for love poems for my poetically challenged male classmates. Measured against a kind of ‘tuck shop’ index, it was unquestionably the most lucrative writing period of my life.
Meer inligting kan hier gelees word


Discover new books on Goodreads
See if your friends have read any of Gareth Crocker's books ! 
Om meer van sy boeke te ontdek, klik op die volgende skakel: Gareth's books

Wednesday, 3 February 2016

Kunstenaar van die jaar

Reuben Riffel is VLU se kunstenaar van die jaar. Hy is een van Suid-Afrika se heelbeste chefs. Op "Reise na gister" van 1 Februarie 2016 kykNet, het Jak de Priester en hy 'n heerlike nostalgiese toer na sy geboorte- en grootwordplek beleef. Dié reis het begin by Groendalvallei naby Franschoek. Klik op die skakel as jy meer te wete wil kom. Reise na gister

Hier is ook interessante en inspirerende inligting: Reuben Riffel




Monday, 1 February 2016

Bome van die jaar

Knoppiesboontjieboom / Bushveldbeadbean/ Maerua Angolensi
‘n Kleinerige boom wat tot 10 meter hoog groei. Die boom kom voor van Senegal, Niger en die noorde van Negerië, suidwaarts na Angola en Tranvaal. ‘n Pragtige boom vir tuine in alle droër areas.
Die boom is maklik herkenbaar met afhangende takke wat ootrek is met spinnekopagtige wit blomme. Prentjiemooi.
The  wood is hard and heavy, yellowish, fine grained and capable of taking a fine polish. It is suitable for small cabinet work, but is a bit brittle. Even canoes are made from the wood.
Die blare 20 -7 x 13 -42 mm met ‘n breë basis en ‘n skerp punt na vore en net soms effe harig. Die blomme is roomwit,  ‘n effe geel kleur, geurig met lang meeldrade . Kom voor vanaf September tot November. Die vrugte vorm daarna en kom voor vanaf Oktober tot Januarie.
Die vrugte is giftig maar motte en skoenlappers leef daarop.
Gewone Wildevy/ Common wild fig / Ficus thonningii 
Die Gewone wildevy (Ficus thonningii) - ook bekend as Ficus burkei - is 'n boom wat klein- tot middelslaggrootte bereik. Dit kom voor in die noordelike dele van Suid-Afrika en langs die kus vanaf Oos-Londen. Die boom is 'n wurgvy; dit groei op 'n gasheerboom en wurg dié stadig dood. Die vye is ongeveer 10 mm in deursnee en ligrooi wanneer ryp. Die vrugte word alleen of in pare in die blaaroksels gedra.
Gewone Witbos / Common bush cherry / Maerua cafra
Die struik is immergroen en groei 2-9 meter hoog. Dit hang af van klimaatsomstandighede.  Die blare kom in groepies van 3 tot 5 voor met stingels ongeveer 60mm lank.  Die blomme het ‘n aangename geur en kom ook in groepies voor met lang stuifmeeldrade. Die blomme kom vroeg- lente te voorskyn en daarna kom ovaalvorige vrugte tevoorskyn vanaf Oktober tot Desember. Die vrugte word tot 45mm lank,  is liggroen van kleur met donkergroen strepe en is eetbaar.
Maerua Cafra is very variable and can occur as a low bush on the dunes or in dry places and can also grow as high as 9 m where conditions are good.  It is a common plant in the bushveld regions, wooded grassland and also in rocky areas. It is widely distributed along the eastern side of the RSA from Humansdorp in the south and is also found in Gauteng and in the Northern Province.
Die struik word gekweek van saad en word aangeplant  in groter tuine. Die struik groei redelik stadig en neem soms 3 tot 7 jaar om 1 meter hoogte te bereik. In die kouer dele van ons land moet dit beskern word teen erge winterkoue.
 GENERAL : The powdered roots have been used as a substitute for chicory

BRON: Wikipedia.

Voël van die jaar: Versamelvoël (philetairus socius)

In die VLU gee ons elke jaar aandag aan die voël van die jaar. Vanjaar kry die versamelvoël 'n beurt.

'n Klein voëltjie met ‘n “reuse-persoonlikheid” van die dorre Noordwes-Kaap is vanjaar Birdlife SA se voël van die jaar. Die versamelvoël het ‘n komplekse en interessante sosiale lewe, sê Mark Anderson, uitvoerende hoof van Birdlife SA.

Die voël weeg 29g, maar bou die grootste neste. ‘n Nes kan selfs 1000kg weeg en tot 500 inwoners hê. Ander diere, soos klein valkies, slange, akkedisse en perdebye, woon soms saam met versamelvoëls in hul neste.

“Niemand kan die Kalahari besoek en die versamelvoël se neste miskyk nie. Die massiewe neste lyk soos hope hooi wat aan telefoonpale of in bome hang. Dié neste het talle funksies, soos om die voëls teen temperatuuruiterstes in woestynagtige gebiede te beskerm.”
Die versamelvoël kom veral in die Kalahari voor.

Birdlife SA wys ‘n voël van die jaar aan om mense bewus te maak van die bewaring van die voël en sy habitat, sê Anderson.

Birdlife SA gaan vanjaar oral in die land veldtogte ter bewusmaking van die versamelvoël hou, maar ook van wewers in die algemeen, wat wyd oor die land heen versprei is.
Bron: Beeld  29 Januarie 2016. Verslaggewer: Elise Tempelhoff. 
Foto: Internet.


Thursday, 21 January 2016

Die SAVLU roos / The SAWAU rose

Named for the celebration of the South African Women Agricultural Union / Suid AfrikaanseVroue Landbou Unie. The sturdy hybrid tea bush is producing long lasting cut flower quality stems and blooms.
The colour is a vibrant red brought alive with silver flowing over the red on the reverse of the petals. With its vigorous, uniform growth and willingness to re-sprout it is also an excellent bedding variety growing between hip and shoulder height. Ludwig's Roses