Tuesday 23 February 2016

Wyshede tydens takvergaderings

VLU Van Riebeeck hou elke derde Dinsdag 'n vergadering. Bestuurslede kry deur die jaar 'n beurt om sameroeper te wees. Hulle is dan ook verantwoordelik daarvoor om iets interessants te reël. Die verskeie voorgeskrewe studierigtings nl. vandag se vrou, omgewingsbewustheid, kuns en geskiedenis, kreatiewe en produktiewe vaardighede, gemeenskapsbewustheid en internasionaal word in hierdie vergaderings gedek en behandel. Die tema is die sameroeper se eie keuse. Februarie 2016  se studieringting was bv. Gemeenskapsbewustheid en die tema Gevangenisse.
Julle kan self dink dat dit baie interessant was. Op ons facebookblad is daar 'n volledige beskrywing van dié vergadering asook foto's. Klik hier om meer te wete te kom.

'n Sameroeper het altyd ook 'n paar gasvroue wat haar help om dinge glad te laat verloop. Hulle almal sorg vir heerlike eetgoed en allerlei interessante dinge wat kleur aan 'n doodgewone takvergadering gee.

 Lyk dit nie lekker nie?
 

Nella Coetzee, wat 'n gasvrou was en een van ons ouer (maar steeds op-en-wakker lede) het dié interessante en pittige inligting met ons gedeel:

VLU POTTE
Dat VLU vriendinne soos potte is, is dalk nie 'n vleiende vergelyking nie, maar kan tog waar wees.
1. Die pappot-vriendin: die lekker rustige vriendin wat eenkant staan en prut. Sy neem nie jou lewe oor nie en maak nie die pap te dik aan nie, maar jy weet presies wat onder die deksel aangaan. Is jy soos sy?
2. Die ryspot-vriendin: sy is vreeslik lief vir skinder, dus vertel jy nooit jou geheime vir haar nie, want net soos 'n ryspot kook sy oor die oomblik as jy jou rug draai. Is jy soos sy?
3. Drukkoker-vriendin: die bekwame vriendin wat 'n leier is op elke gebied. Sy doen alles vinniger en beter as ander. As sy egter ontplof, is niks ooit weer dieselfde nie. Is dit dalk jy?
4. Jou dubbelkastrol-vriendin: sy kan net funksioneer as sy iemand onder haar het wat die stoomwerk doen. Tog het sy 'n besondere funksie in die VLU. Is dit dalk jy?
5. Pan-vriendin: sy is oop, vriendelik en verberg niks onder die deksel nie. Sy steek altyd 'n lang arm uit om jou te help. Sonder haar is jou potterak onvolledig en jou siel armer. Is dit dalk jy?
Kom ons bewaar ons potte soos goud en vergeet nie ons eie roet en aanbrandsel aan die binnekant nie. Kom ons besef ook dat elke "pot" of "pan" nodig is in ons VLU kombuis en 'n spesiale taak het.
 
Nella aan die woord. 

No comments:

Post a Comment