Wednesday 25 January 2017

Nuwe uitdagings en geleenthede

Die nuwe jaar het begin en daar heers groot opgewondenheid in Van Riebeecktak. Om elke hoek en draai wag daar splinternuwe uitdagings. Ons eerste vergadering is reeds verby en ons sien uit na die inligtingsdag waar ons weer op hoogte gebring gaan word rakende kompetisie-artikels. Die volgende groot gebeurtenis is natuurlik ook Pretoria Streek se konferensie wat vroeg in Maart gehou gaan word. Daarna volg daar vele interessante dinge soos uitstappies, naaldekokerdae waarin ons ons talente kan uitleef en opwindende takvergaderings. Dit is en bly 'n heerlike voorreg om deel van die VLU te wees.

Hiermee wens ek elke lid van ons tak en ook ons streek die heelmooiste toe. Mag ons almal deeglik bewus wees van God se leiding en liefde in alles wat ons doen, dink en sê in 2017. Mag ons steeds groei, nie net wat getalle betref nie, maar ook in ons geloof, ons omgee vir mekaar en ons lojaliteit teenoor ons takke.

Elizabeth Kendall - skakelbeampte Van Riebeecktak.

 Sally Ferreira, voorsitter en Dot Kruger, sekretaresse.
Ons hou elke maand vergadering by De Oude Werf, Bronkhorstspruit. 

No comments:

Post a Comment